Blog

Nuusbrief 2020-01-16: Matrieks presteer in Afrikaanse skole

Die jaar het vinnig afgeskop met heelwat opwindende nuus. Die SOS wens elke onderwyser, ouer of ondersteuner ‘n hartlike 2020 toe waar daar saam gebou word!

Maak dus solank ‘n inskrywing in jou dagboek vir die volgende opleidingsgeleenthede (laai die jaarprogram hier af):

Matrieks presteer in Afrikaanse skole

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het sopas sy jaarlikse 2019-matriekverslag bekendgestel. Dit wys opnuut dat leerders aan Afrikaanse skole vanjaar weer aansienlik beter presteer het tydens die 2019-matriekeksamen as hul Engelse eweknieë. 

Baie geluk aan alle Afrikaanse skole met hul uitstekende resultate! Die SOS se toekennings aan topskole word by die Hoofde-ontbyt in Centurion op 31 Januarie 2020 oorhandig.

Die SOS se opwindende Program vir 2020!

Die SOS se program vir 2020 bied aan onderwysers talle professionele opleidingsgeleenthede. Die opleiding word gelei deur vakspesialiste met jarelange onderwysondervinding waarby elke onderwyser (ervare of nat agter die ore) sal baatvind. Die program is hier verkrygbaar.

Kosblikwenke vir ’n nuwe skooljaar

“Kosblik” is ’n gevreesde woord vir ’n mamma. Nie alleen is die voorbereiding van kosblikke ’n uitdaging nie, maar ook die “terugkeer” van kosblikke vanaf die skool bly ’n groot kopseer. Hier volg ’n paar wenke om hierdie “nagmerrie” in ’n “soete droom” te omskep.
Lees meer…

Rus matrieks eerder toe vir die toekoms

Die uitslae van die matriekeksamen vorm die fondasie waarop studente hulle hoop op ‘n tersiêre kwalifikasie en sukses in die veld van hulle keuse bou. Goeie uitslae en die regte vakkeuses gee aan matrikulante ‘n goeie wegspringplek vir hul studies en ‘n voorsprong in die werkplek daarna.
Lees meer…

Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid?

Watter vak sal leerders die beste vir die Vierde Industriële Rewolusie toerus? Dié belangrike vraag word deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gevra.
Lees meer…

Oorlewingsgids vir Graad 4-mamma’s – Huiswerk

Dit gebeur so gereeld dat ouers van Graad 4-leerders voel dat hul kinders oorlaai word met onnodige en sinnelose huiswerk. Hoekom moet my kind al hierdie werk by die huis doen as hy reeds die heeldag by die skool was?
Lees meer…


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Teken in op ons nuusbrief