Blog

Hou kinders besig by die Voortrekkermonument

PRET VIR DIE GESIN OP JEUGDAG!

Die Voortrekkermonument beloof hope pret vir die jongklomp op 16 Junie! Almal soek ’n lappoppie al te mooi getooi, met hare lank en lippies die diepste rooi… of kom speel Boer teen Brit laserskeingeveg en kyk wie is die beste skut. Maak jou eie lappop by die Pioniersentrum van 09:00 tot 12:00. Koste beloop R250.00 per pop. Laserskeingevegte word by die Voortrekkersaal op die uur tussen 09:00 en 16:00 gespeel teen R100.00 per persoon.

Bespreek nou jou plek om teleurstelling te voorkom by [email protected]

VAKANSIEPRET BY DIE VOORTREKKERMONUMENT

Vakansie is om die draai en Fort Schanskop nooi kinders uit om ons geskiedenis te beleef! Hier ontdek ons goue herinneringe in die Transvaal en verskerp ons jou kennis oor die Jameson Inval.

Ons skrik ook nie vir harde werk nie en wys ons hoe jy jou eie miniatuur kleifort kan bou. Berei jouself voor vir dag 3 se oorlog en kom bou jou eie skuiling!

Wees braaf en veg terug by die Boer teen Brit laser tag.

Drie dae. Een onvergeetlike ervaring!

Aktiwiteite:

Dag 1: Ontdekking van goud in die Transvaal.

Kom soek na goud, leer meer oor die Jameson Inval en beeld jou eie toneelstuk uit.

Dag 2: Voorbereiding vir die Anglo-Boereoorlog

Leer meer oor hoe die Boere vir die Anglo-Boereoorlog moes voorberei na die Jameson Inval, bou jou eie miniatuur kleifort en bou jou skuiling ter voorbereiding vir dag 3 se oorlog.

Dag 3: Die Anglo-Boereoorlog

Leer meer oor die verloop van die Anglo-Boereoorlog en veg Boer teen Brit met ‘laser tags’.

Datum: 11 tot 13 Julie 2022
Tyd: 10:00 tot 12:00
Plek: Voortrekkermonument
Koste: R200 p.p. per dag of R500 p.p. vir al dried ae

Kontak [email protected] vir meer inligting of om jou bespreking te maak.

*Middagetes uitgesluit.