Is jy daardie onnie wat altyd ’n plan het wanneer dinge skeefloop? Dink jy buite die boks en maak jy slim planne om jou klas of skool beter te laat funksioneer?
Dan is die Onnie maak ’n plan-kompetisie presies vir jou!
Jy staan ’n kans om tot R50 000 te wen, én jou skool kan ook groot kontant inkry!
Of jy nou krakende stoele stil hou met tennissballe onder stoelpote, of met ’n slim groentetuin die begroting rek – as jy al ’n kreatiewe oplossing bedink het, wil Rapport en Netwerk24 daarvan hoor. Hierdie kompetisie word aangebied saam met die Rapport Onderwysfonds wat al 21 jaar lank onderwysstudente help om hul drome te bereik.
Skryf so in: Stuur jou inskrywing na [email protected]. Vertel ons van die probleem wat jy opgelos het in jou klas of op jou skoolterrein, watter plan jy gemaak het, en wat die uitkoms was. Moenie vergeet om jou en jou skool se naam en kontakbesonderhede in te sluit nie.
Fantastiese pryse wag:
-
-
- 1ste plek: R50 000 vir jou, R30 000 vir jou skool
- 2de plek: R30 000 vir jou, R20 000 vir jou skool
- 3de plek: R20 000 vir jou, R10 000 vir jou skool
- 7 finaliste: Wen elk R5 000
-
Inskrywings sluit op 30 April. Van 11 Mei tot 29 Junie kan die publiek stem vir hul gunstelingfinaliste. Die wenners word op 27 Julie bekend gemaak.
Móét dit nie misloop nie – jou plan kan ander inspireer én jou ’n stewige kontantprys in die sak bring!
Die Rapport Onderwysfonds is ’n inisiatief wat reeds vir meer as 21 jaar die toekoms van onderwys in Suid-Afrika help vorm.
Lees meer en ondersteun die Rapport Onderwysfonds by www.rof.org.za.