Deur die eeue heen is die onderwysmilieu blootgestel aan vele uitdagings.
In die lig van die huidige druk en onsekerheid, veral met die nuwe wysigings en riglyne rondom die BELA-wetgewing, ervaar skole regoor die land die rippeleffek daarvan – op gemeenskappe én die breër onderwyslandskap in Suid-Afrika. Ongetwyfeld tref hierdie onsekerheid Afrikaanse enkelmediumskole die hardste.
Die SOS se missie en visie is eenvoudig: om opvoedkundige uitnemendheid in Afrikaanse gemeenskappe te bevorder en ons netwerk saam met skole te versterk. Daarom bied die Skoleondersteuningsentrum ’n omvattende waardeaanbod wat onder meer insluit: SOS-Lidskole, SOS-Netwerkskole, gestruktureerde en verrykte opleiding, webinare, seminare en natuurlik ons vlagskipproduk – Wolkskool.
Die Lidskool-waardeaanbod is só gestruktureer dat dit volle toegang gee aan alle personeel van skole tot uitstekende akademiese hulpbronne. Hierdie hulpbronne kan gebruik word vir lesbeplanning, klasaanbiedings en sowel formele as informele assesserings. Alles word opgestel volgens die nuutste KABV-voorskrifte en help om die las op onderwysers se skouers aansienlik te verlig.
Verder bied die induksie-opleiding aan personeel die kans om bemagtig te word en die volle potensiaal van die waardeaanbod te ontsluit.
Die SOS-Lidskool-pakket sluit in:
- 16 SARO-geakkrediteerde vakverenigings
- Toegang vir die hele personeel tot die Wolkskool-platform (alle vakke en alle grade)
- Volle toegang tot alle raadsale en hulpbronne – nagenoeg 23 000 video’s, lesse, formele assesserings met memorandums, werkkaarte en PowerPoint-aanbiedings
- Toegang tot Vraagbank, Flitsgidse, Wolkskool Direk en Weet
- Afslag op kongresinskrywings en seminare
- Gratis webinare
- CPTD-punte en bywoningsertifikate wat by SARO ingedien kan word
Die SOS-Lidskool-waardeaanbod is uitstekend geprys en beloof om ’n ware waardevolle toevoeging tot elke skool te wees.
Kontak ons gerus vir meer navrae: [email protected]