Vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap om te floreer, is dit nodig dat Afrikaanse skole uitnemende instellings moet wees. Afrikaans as taal van onderrig en leer is onder geweldige druk in die openbare sektor. Taal is sentraal in die oordrag van kultuur, waardes en etos, wat tot dusver bygedra het tot die sukses van bestaande Afrikaanse skole. Die uitwerking van moedertaalonderrig op akademiese prestasie blyk ook duidelik uit die slaagsyfer van Afrikaanse enkelmediumskole.