Die SOS werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan, in stand te hou, én waar nodig nuut te bou. Die SOS spog tans met 15 verenigings. Elke vereniging bied unieke voordele, soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne. Dit word aan lede beskikbaar gestel deur Die Wolkskool in die vorm van Raadsale. Alle lede het ook toegang tot die Vraagbank.