Verskoon die woordspeling, maar as robotte kan droom, is ons lelik geskroef. En as jy die breรซr betekenisse van โdroomโ bedoel, is dit die enigste voordeel wat ons nog bo die masjien het, want robotte kan nie droom nie. Ten minste nog nie!

โVerbeelding is belangriker as kennis. Kennis is beperk. Verbeelding omsluit die wรชreldโ – Albert Einstein (1929)
Drome is selfs breรซr as wat die woordeboek vir ons sรช. Dit val in dieselfde kategorie as โom buite jou boksie te dinkโ. Om dinge te skep waaraan niemand nog gedink het nie.
Dit raak ook aan daardie โgut feelingโ. Die intuรฏsie wat jy ervaar wat jy nie logies kan verduidelik nie. Soms weet jy net dinge is reg en alles maak skielik sin, veral as jy โn boek lees en jou gedagtes dwaal. Of as jy Isaac Newton is en die appel val op jou kop.
Dan is daar boonop diegene wat beweer dat alles wat nuut uitgedink word, nuwe werklikhede kan word. Ons sien dit in die wetenskapsfiksie van meer as 100 jaar gelede wat vandag deel vorm van ons alledaagse bestaan (sien gerus die bronne heel onder). Die mens se toekoms word slegs beperk tot dit wat hy hom kan verbeel.
En dis juis hier waar die vraag ontstaan: Waartoe sal robotte in staat wees indien hulle kan droom? Sal hulle kan God speel?
Toe het God gesรช: โLaat daar lig wees!โ En daar was lig. โ Genesis 1:3
Ray Kurzweil, een van die voorste denkers oor kunsmatige intelligensie, het al in 2001 ‘n wetenskaplike artikel geskryf oor die enorme krag van die rekenaar en hoe dit ons menswees drasties gaan beรฏnvloed.
Hy bou sy argumente sterk op Moore se wet, wat sedert die 1970โs akuraat voorspel het dat rekenaarprosessering elke 18 maande verdubbel. Kurzweil sรช teen hierdie eksponensiรซle pas, sal kunsmatige intelligensie in 2023 die kapasiteit van die menslike brein verbysteek. Teen 2045 sal dit selfs die gesamentlike breinkrag van al die mense op aarde oortref.
Gelukkig is daar uitkoms vir ons. Kurzweil sรช die enigste manier waarop ons die robot kan klop, is om tegnologie te omhels om self na โn volgende vlak van intelligensie te klim.
So take care of yourself the old fashioned way for just a little while longer, and you may actually get to experience the next fundamental paradigm shift in our destiny. โ Ray Kursweil (2001)
Hoe omhels jรฝ tegnologie in jou daaglikse bestaan…?
Lees/kyk verder
Humans need not apply
When Science Fiction Becomes Science Fact | It’s Okay to Be Smart
40 Fantastic Facts About Science Fiction That Became Reality
When Science Fiction Becomes Science Fact
Science Fiction Is Becoming Science Fact
Infografiek: Prediction or Influence? A History of Books that Forecast the Future
