Blog

Verbeter bilaterale integrasie op die 5 maniere

Bilaterale integrasie verwys na die vermoë van jou kind om beidekante van die liggaam te koördineer tydens die uitvoering van ’n aktiwiteit ofaksie.  Goeie bilaterale vaardighede is’n aanwysing dat albei kante, links en regs, van die brein effektiefkommunikeer en inligting deel, bv. om knope vas te maak, om te skryf, huppelens.

Die volgende is onderafdelings vanbilaterale integrasie en moet baie aandag geniet in die grondslagfase:

  1. Middellynkruising is ’n noodsaaklike vaardigheid wat benodig word vir skryf, lees, kommunikasie en vaslegging van links en regs. Teen die ouderdom van 3 – 4 moet ’n kind die vaardigheid al bemeester het om sy midlyn te kruis.
  2. Simmetriese funksie behels dat twee liggaamsdele saamwerk bv. huppel, fietsry of hopscotch speel. 
  3. Simmetriese beweging is wanneer die liggaam as ’n eenheid beweeg bv. tweebeen spronge en sterspronge.
  4. Fynmotoriese koördinasie – wanneer kleiner, fyner aktiwiteite moet doen met sy/haar hande bv. knip, klei speel, knope vasmaak, krale ryg en skryf.  Die dominante hand en nie-dominante hand verrig twee verskillende funksies.  Die dominante hand doen die aksie en die nie-dominante hand ondersteun. Bv. met ’n knip aksie.
  5. Liggaamsbewustheid is ook ’n belangrike grondslag in die ontwikkeling van bilaterale integrasie. Die kind moet bewus wees van sy posisie in die ruimte (propriosepsie).

Die volgende is oefeninge om bilateraleintegrasie te ontwikkel:

  1. Aksies waar beide handegelyktydig gebruik word bv., slaan ballon, bars seepborrel, rol klei met albeihande ens.
  2. Ryg van krale of deur gaatjiesin papier.
  3. Smeer van broodjies, koekiesens.
  4. Knip van papier op ’n lyn.
  5. Skeur van papier of lostrek vanwatte.
  6. Dooskonstruksie, bv. bou vanitems of bou van speelplekke. Lego en Duplo bou is ook goeie oefeninge.

Navorsing toon dat kinders beter presteert.o.v. sportaktiwiteite, lees- en skryfvaardighede indien hulle bilateraleintegrasie goed vasgelê is.

Die artikel is geskryf deur Marnelda de Beer, Hoof van die Afrikaanse Grondslagfase-vereniging  (AGV).

Die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) is in 2017 deur die SOS op die been gebring. Die doel van hierdie vereniging is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig van Gr RR tot Gr 3 te versterk tydens hierdie kritiese fase van kinders se ontwikkeling. Gelukkige, goed toegeruste onderwysers se entoesiasme aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge.

Sluit aan!