Blog

In 2020 gaan die SOS en Afrikaanse skole GROEI

In 2020 is die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie om die toekoms van christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te hou en, waar nodig, nuut te bou. Ons stig vier nuwe vakverenigings en raak Robotika baas in die klaskamer.

Ons kongresse in 2020 se tema is GROEI en beloof om nog groter as ooit te wees! Maak seker jou skool begroot daarvoor!

Ontwikkel jouself met die hulp van ons vakverenigings

Voortgesette ontwikkeling en ondersteuning van onderwysers deur middel van professionele vakverenigings speel ’n belangrike rol in enige goeie onderwysstelsel.

Deur wêreldgehalte seminare, kongresse en hulpbronne sorg die SOS vir onderwysers se deurlopende ontwikkeling en maak ons seker dat onderwysers in Afrikaanse skole met die nuutste kennis en vaardigheid toegerus word.

 Vakverenigings vir 2020

  • Leierskapsvereniging (Skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde)
  • AGV (Grondslagfase Graad R – 3)
  • AHV (EBW, Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie)
  • GeRAT (Afrikaans Huistaal)
  • VAW (Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Tegniese Wiskunde)
  • WETO (Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe)

Nuwe vakverenigings:

  • TAV (IGO, Meganiese-, Elektriese- en Siviele Tegnologie)
  • SW (Sosiale Wetenskappe, Geskiedenis en Aardrykskunde)
  • Robotika en Kodering
  • Algemene Onderwys Vakvereniging (algemene vereniging vir alle ander personeellede)

Elke vakvereniging het eie bepaalde voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za).

Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (skool betaal) – R239
Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (betaal self) – R409

Ons beskerm jou regte

Die SOS gee raad aan skole oor effektiewe bestuur en help hulle om die staat se politieke en administratiewe uitdagings te weerstaan. Aktivistiese veldtogte word vanuit die SOS van stapel gestuur, dikwels in samewerking met ’n netwerk van Afrikaanse organisasies.

Sluit aan as ʼn lid en maak ons hande sterk!

Ons beplan kongresse:

Nasionale kongres: Gauteng – Junie 2020

Registrasiefooi

Volledige kongres (3 dae)

Leierskapkongres (1 dag)

Twee dae (onderwyskongres)

Een dag (onderwyskongres)

Halfdag (onderwyskongres)

Lede

R2950

R1350

R2000

R1100

R 850

Nie-lede

R3850

R1750

R2750

R1550

R1100

*Afslag vir meer as 10 persone deur een skool (slegs vir lede-skole).

Volledige 2-dag onderwyskongres – R1800 per persoon

Streekskongres: Wes-Kaap: Junie 2020

Registrasiefooi

Twee dae (onderwyskongres)

Een dag (onderwyskongres)

Halfdag (onderwyskongres)

Lede

R1350

R900

R650

Nie-lede

R2050

R1250

R1050

*Afslag vir meer as 10 persone deur een skool (slegs vir lede-skole).

Volledige 2-dag onderwyskongres – R1250 per persoon

Herregistrasies vir 2019 open op 1 November 2019
U is die alleengebruiker van al die dokumente wat u as lid ontvang. Ons maak staat op u professionele integriteit om nie dokumente en inligting met ander kollegas te deel nie. Vorige jare se hulpbronne is te koop op marklein.co.za.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na Colette Scott – [email protected].


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]