Blog

Wat moet ’n onderwyser doen as ’n kind kla dat hy/sy ’n slagoffer van kuberafknouery is?

1. Bedank die leerder dat hy/sy met jou oor die situasie kom gesels het en ook omdat hy/sy dapper en moedig genoeg is om sy/haar stem te laat hoor oor afknouery.

2. Vra vir die leerder om vir jou die inhoud aanlyn te wys en volg stappe 1 tot 6 hieronder as hy/sy dit nie reeds gedoen het nie.

3. Kuberafknouery kan ’n persoon skaam en vernederd laat voel en hy/sy kan dalk voel dat hy/sy geen beheer oor die situasie het nie. Vra die leerder wat die volgende stap moet wees wat hy/sy wil doen. Dit is belangrik dat die leerder seggenskap het in hierdie proses, omdat hy/sy miskien nie dadelik wil hê dat die onderwyser met die boelie moet praat nie.

4. Hou die leerder se ouers op hoogte van wat gebeur sodat hulle by die huis ook ’n ogie oor hom/haar kan hou.

5. Maak seker dat jy die skool se teenboelieprosedures volg en hou boek van wat gebeur het.

Hoe kan ek die kind ondersteun wat afgeknou word?

Stel die kind gerus – Stel die kind gerus dat hy/sy die regte ding gedoen het deur sy/haar stem te laat hoor. Kinders se verbeelding is geneig om op hol te gaan en dan vorm hulle hul eie duidelike ergstegevalscenario’s, wat kan veroorsaak dat hulle te bang is om daaroor te praat. Die feit dat hulle na jou toe kom en met jou daaroor gesels is, is klaar ’n groot stap vir hulle.

2. Luister – Luister na wat die kind te sê het sonder om enige oordeel te vel. Dit is belangrik dat hy/sy gemaklik voel met jou optrede en dat hy/sy ’n sekere gevoel van mag en beheer het oor die situasie.

3. Laat die kind steeds toe om aanlyn te verkeer, self al vind afknouery oor die internet plaas – Kinders en jongmense maak op ’n daaglikse basis van tegnologie gebruik, soos wanneer hulle met vriende kommunikeer en ook om te leer en dinge uit te vind. As jy die kind verbied om aanlyn te verkeer, kan dit hom/haar ontmoedig en dan sal hy/sy nie weer sommer in die toekoms daaroor praat nie en dit kan ook veroorsaak dat hy/sy enige eksterne ondersteuning sal vermy. Moedig hom/haar liewer aan om na jou toe te kom as hy/sy iets sien waarmee hy/sy ongemaklik voel, dan kan jy saam met die kind daardeur gaan.

Afknouery kan veroorsaak dat die kind skaam en bang voel en hy/sy sal ook meestal bekommerd wees oor hoe jy as onderwyser daarop reageer wanneer hy/sy jou daarvan vertel. Probeer om kalm te bly, stel die kind gerus en stel vrae oor hoe die kind wil hê jy hom/haar moet help.

Skakel met diekind se ouers om seker te maak dat hulle van die voorval bewus is. Gaan saam met die kind deur die bostaande inligting en vra hom/haar wat hy/sy graag sal wil hê jy moet doen.


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]