Blog

Vyfpuntplan vir skole om by te bly tydens Korona

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand tydens ’n regstreekse toespraak aangekondig dat Dinsdag, 17 Maart die laaste skooldag van die kwartaal sal wees en eers na Paasnaweek (14 April) sal heropen. ‘n Groot deel van hierdie tyd val gelukkig binne die skoolvakansie, maar effektief kan leerders 11 skooldae verloor. Dit is belangrik om tydens hierdie tyd kontinuïteit in onderrig te verseker.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) weet hoe kosbaar akademiese tyd vir skole is en het ’n vyfpuntplan ontwikkel om onderwysers, ouers en leerders hiermee te ondersteun:

  1. Die SOS het reeds stelsels in plek om skole te ondersteun. Die Wolkskool se aanlyn onderrig en videolesse (volgens die KABV-kurrikulum) kan kontinuïteit in onderrig verseker terwyl skole gesluit is.
    • Gesinkroniseerde onderrig is lesse wat volgens ’n voorafbepaalde skedule op ’n vaste tyd uitgesaai word. Leerders kan gratis by Die Wolkskool op hierdie lesse inskakel.
    • Die Wolkskool maak verder ook hul aanlyn leerplatform (nie-gesinkroniseerd) beskikbaar vir skole, sodat leerders tuis, veilig en teen hul eie spoed, leerinhoud kan bemeester. Vakke soos Wiskunde, Wetenskappe en Afrikaans Huistaal is beskikbaar deur middel van kwaliteit videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal. Onderwysers en ouers bly terselfdertyd op hoogte van hul kinders se vordering.
  2. Ondersteun onderwysers deur opleiding in die vervaardiging van aanlyn videolesse. Die SOS bied ‘n aanlyn kursus en blog-artikel hieroor aan.
  3. Gebruik die geleentheid om nuwe onderrigmetodes van vervlegte leer en effektiewe benutting van tegnologie in skole te vestig.
  4. Skole word aangemoedig om bestaande hulpbronne soos videolesse, werkkaarte, ens. met ander skole en onderwysers te deel. Die SOS stel ’n gratis platform hiervoor beskikbaar.
    Skole en ervare onderwysers kan hulle hulp op www.skole.co.za aanbied.
  5. Die SOS sal veral fokus op Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Afrikaans Huistaal. Spesiale ondersteuning sal aan grade 7, 9 en 12 voorsien word.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]