deur Celeste Labuschagne, Wolkskool-dosent
Die Vierde Industriële Revolusie , Tegnologie en Kunsmatige Intelligensie – gonswoorde van ons tyd.
Doemprofete voorspel dat die gebruik van tegnologie en kunsmatige intelligensie die werk van onderwysers gaan oorneem.
In ‘n Artikel oor Kunsmatige Intelligensie en leer deur Karen Hao Aug 2, 2019 getiteld “China has started a grand experiment in AI education” lees ek die volgende raak:
Kurrikulums beheer deur Kunsmatige Intelligensie:
- Is uiters gefokus op die individu.
- Behels geteikende instruksie.
- Spaar tyd.
Dit klink na die antwoord op al ons klaskamerprobleme en leerprobleme. Helaas.
Dit is vir my duidelik uit die artikel dat leerders wat hieraan onderwerp is, een versugting het– meer interaksie met onderwysers van vlees en bloed! Al het hierdie leerders astronomiese vordering op akademiese gebied getoon, het hulle nogsteeds ‘n onderwyser nodig! Baie goeie nuus vir ons onderwysers!
Nog ‘n nadeel wat genoem word is dat KI die wêreldwye neiging tot gestandardiseerde leer en toetsing verder kan versterk, wat die volgende generasie swak voorbereid gaan laat in ‘n snelveranderende wêreld van werk.
Rekenaars en KI kan dalk tot op hede alledaagse takies uit die hande van onderwysers neem. Die volgende vaardighede wat eie aan onderwysers is sal egter nooit deur masjiene oorgeneem kan word nie :
- Kreatiwiteit
- Saamwerksaamheid
- Kommunikasie
- Probleemoplossing
My gevolgtrekking is dus die volgende: Onderwysers sal nie ‘n bedreigde spesie word nie. Rekenaars en Kunsmatige Intelligensie kan aangewend word in die klaskamer om leer te ondersteun deur middel van videos, werkkaarte en aanlyn assesserings – soos Die Wolkskool. Dit stel vir die ondewyser meer tyd beskikbaar om aandag te gee aan elke leerder. Dit sal ook die onderwyser help om beter boek te hou van elke leerder se vordering.
Die uiteindelike doel is egter in diepte, persoonlike onderrig en dit kan slegs deur ‘n onderwyser van vlees en bloed gedoen word.
Onderwysers kan dus gerus wees – geen masjien kan jou vervang nie!
HTML Preview
0 comments