In 2018 het die Gautengse Departement van Onderwys probeer om die Hoërskool Overvaal, ‘n Afrikaans Hoërskool in Vereeninging, te dwing om 55 Engelse leerders in die skool te plaas. Die skool het hom tot die hof gewend en die Gautengse Hooggeregshof het in die skool se guns beslis.
Die hofuitspraak bevat ‘n paar belangrike punte wat Afrikaanse skole se reg om hul eie taal -en toelatingsbeleid te handhaaf, ondersteun. Laai die uitspraak hier af: