Blog

10 maniere om ʼn leeskultuur in jou skool te skep

Daar is ʼn lees-krisis in Suid-Afrikaanse skole. In Internasionale toetse soos Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) is Suid-Afrika heel laaste. Die swak leesvermoëns van ons leerders het verdere negatiewe akademiese gevolge. Navorsing toon dat leerders wat nie lees gemiddeld ʼn 14,4% kleiner woordeskat het en 9,9% swakker in Wiskunde vaar (Sellgren 2013). 

Ten spyte van die navorsing word daar steeds nie genoeg fokus op praktiese maniere om ons leerders aan die lees te kry nie. Die vraag is dus, hoe skep ons ʼn leeskultuur in ons skool?

Hier is 15 maniere waarop jy in jou skool ʼn leeskultuur kan skep.

Maak seker daar is boeke

Dit mag dalk voor die handliggend klink, maar daar moet eerstens boeke in jou skool wees vir leerders om te lees. Indien jou skool nog nie ʼn biblioteek het nie, begin klein, plaas ʼn paar boeke in jou klaskamer. Maak seker daar is ʼn verskeidenheid boeke in verskillende genres. Daar is ʼn boek vir elke leerder se smaak, hulle moet net eers dit ontdek.

Maak seker die regte boeke is daar

ʼn Verskeidenheid boeke is nodig sodat leerders kan uitvind waarvan hulle hou. Probeer om boeke aan te skaf wat modern is. Kry die boeke wat opslae in die media maak. Maak ook seker leerders kan maklik by die boeke uitkom. Moenie boeke toesluit in ʼn biblioteek of klaskamer nie.

Hou boekgesprekke

Kry jou leerders opgewonde oor lees deur interessante boeke en onderwerpe uit boeke te bespreek. Laat hulle saampraat en die onderwerpe en boeke voorstel.

Lees hardop

Baie leerders (en onderwysers) hou nie daarvan om hardop te lees nie, maar jy is regtig nooit te oud om dit te geniet as iemand vir jou voorlees nie en om ‘n boeiende titel hardop te lees is een van die BESTE maniere om genot van boeke te bevorder.

Wees ʼn leesrolmodel

Jy as onderwysers het ʼn groot invloed op die kultuur van jou skool. Maak seker dat outentieke leesbevordering een van hulle is. Wees daardie skoolhoof wat altyd ‘n boek ronddra, wees opgewonde om daaroor met leerders praat. Wees daardie onderwysers wat leerders na jou klaskamer nooi om deur jou boekrak te kyk of ‘n boek uit te kies om hulle verjaarsdag te vier.

Sluit boeke in die skool se afkondigings in

Maak gebruik van geleenthede om oor boeke te gesels. Of dit nou Maandagoggend in die saal is of langs die sportveld. Hoe meer geleenthede jy skep om oor lees te praat as ʼn pret aktiwiteit wat die moeite werd is om van te weet, hoe meer sal leerders begin belangstel in lees. Is Deon Meyer se nuwe boek op die rakke? Noem dit gerus. Deel Harry Potter ʼn verjaarsdag met ʼn personeellid? Noem dit.

Maak lees ʼn sosiale aktiwiteit

Lees is nie net vir boekwurms nie en skole moet dit begin vier as sosiale aktiwiteite. Vier Wêreldboekedag deur leerders te laat aantrek soos hulle gunsteling karakter. Laat almal Vrydae ʼn boek saambring en spandeer ʼn periode op die paviljoen waar almal lekker saamlees.

Skep kompetisie

Leerders reageer op kompetisie. So, skep ʼn leeskompetisie. Watter graad lees die meeste boeke oor die vakansie? Of daag leerders uit om ʼn effense moeiliker boek te probeer. ʼn Lekker ander opsie is om toekennings vir die beste boeke uit te deel. Stel ʼn kortlys op en laat leerders stem vir die beste boek. Jy kan dit interaktief maak deurdat leerders boeke kan nomineer en vertoë rig vir hulle gunsteling boek.

Betrek bekende skrywers

Glo dit of nie, baie bekende skrywers of selfs uitgewers sal maar te graag hul werke by julle skool kom bemark. Sluit hulle in as deel van ʼn fondsinsameling of sportdag en laat die opwinding leerders opgewonde maak oor lees.

Maak lees opwindend in ʼn digitale era

Soek bietjie op die internet na kort video’s en grafika oor bekende boeke. Kyk na resensies en selfs uittreksels uit flieks oor die betrokke flieks om leerders nuuskierig te maak oor ʼn betrokke boek. Jy kan selfs ʼn Instagram of Twitter-rekening skep vir ʼn karakter in ʼn boek. Laat die leerders saam met jou dinkskrum oor wat die karakter sou Tweet.

Is jy bekommerd oor die leerders in jou klas se leervermoëns?

Kom woon ons Leeskongres in Stellenbosch by en help hulle vanaf Graad R tot 12.

Datum: 14 Mei 2022
Tyd: 07:30-08:00 Registrasie
08:00-13:35 Program
Plek: Paul Roos Gimnasium
Koste: R280 SOS -lede
R380 nielede
Registeer hier: https://form.jotform.com/221001865260040