Die Wolkskool: Konsultant
- Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het ʼn vakature vir ʼn Wolkskoolkonsultant. Die SOS is deel van die Solidariteit Beweging.
- In breë trekke behels die verantwoordelikhede verbonde aan hierdie pos onder meer om:
- bemarking van Die Wolkskool as ʼn opvoedkundige, ondersteunende hulpbron by skole te doen;
- skole te ondersteun deur Die Wolkskool as ʼn opvoedkundige ondersteunende hulpbron (om die huidige onderwysmodel te verryk) te gebruik; en om
- professionele opleiding aan onderwysers in die doeltreffende gebruik van tegnologie in die klaskamer en die verbeterde onderrigmodel te verskaf.
Om vir hierdie pos te kwalifiseer benodig jy ‘n toepaslike B-graad kwalifikasie, ‘n nagraadse onderwysdiploma (NGOS/HOD) sal voordelig wees. Ongeveer 3 jaar werkservaring is noodsaaklik en onderwys-ervaring sal in jou voordeel strek.
- Daarbenewens is die volgende vaardighede wenslik vir hierdie pos:
- Die vermoë om te organiseer en te koördineer;
- ʼn Sterk verantwoordelikheidsin en die vermoë om met interne en eksterne belanghebbendes te skakel;
- Die vermoë om gesonde interpersoonlike verhoudinge te handhaaf;
- Om vertroud te wees met die beginsels van ʼn omgekeerde klaskamer (flipped classroom) en vervlegte leer (blended learning); en
- Ervaring in verskeie soorte tegnologie.
Indien jy aan die vereistes voldoen, klik hier om aansoek te doen vir die pos. Indien die skakel nie werk nie, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geen sertifikate nie) voor of op 29 Julie 2022 na [email protected].
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar
dat ander kandidate vir die pos oorweeg is
Laai die advertensie hier af.