Ons het gaan kers opsteek by van ons top Onnieveerders vir 2022 sodat ons hulle beter kan leer ken.
Anéll Badenhorst
Laerskool Wierdapark
1. Hoe lank is jy al in die Onderwys?
Byna 20 jaar (8 jaar daarvan by Tina Cowley leessentrum gehad dus sou dan 28 jaar gewees het.)
2. Watter vakke bied jy aan en vir watter grade?
Uitvoerende kunste vir Graad 1 tot 5.
3. Wat is die hoogtepunt van jou werksdag?
Drukkies en geselsies van die kinders.
4. Wat dink jy is die rol van tegnologie in die klaskamer?
Tegnologie vergemaklik ‘n onderwyser se lesaanbieding, kinders se manier van leer en verstaan, maak die inhoud meer interessant en hou hulle aandag.
5. Hoe dink jy gaan onderwys in die volgende vyf jaar verander?
Hulpbronne (handboeke) gaan verseker meer digitaal beskikbaar wees, kinders gaan meer met rekenaars/tablette werk in die klas en tuis.
6. Wat maak jou opgewonde oor die toekoms van onderwys?
Kinders gaan meer gereed wees vir die wêreld daar buite as hulle op skool al blootgestel word aan tegnologie.
7. Lys vyf byvoeglike naamwoorde om Die Wolkskool te beskryf.
Deeglik, nuttig, noodsaaklik, kindervriendelik, interessant.
8. As jy die antwoord op een vraag oor jou toekoms kon leer, wat sou dit wees?
Maak ek ‘n langtermyn impak en verskil op my kinders in die klas?
9. Watter vreemde of nuttelose talent het jy?
Ek kan baie hard fluit!
10. As jy ‘n superheld kan word, wat sal jou spesiale talent wees?
Kinders se gevoelens en hartseer aanvoel en hul daarmee kan help sonder dat hulle weet.