Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Prof. Irma Eloff
Professor in Opvoedkundige Sielkunde

Wat is die prys wat ons en ons kinders gaan betaal as die volgende paar honderd jaar van onderwys presies dieselfde lyk as dié van die vorige 200 jaar? Die krag van persepsie het die onderwys soos ons dit ken in ʼn eindelose drukgang geplaas en bitter min waag dit om iets aan hierdie drukgang te verander.
Prof. Irma Eloff, ʼn bekende leier in die Opvoedkunde, gesels in hierdie episode onder meer oor hoe geen onderwysstelsel die gehalte van sy onderwysers kan uitpresteer nie, hoekom ʼn stelselverandering wel moet plaasvind en hoe ons so ʼn stelselverandering kan teweegbring.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-onderwys-oor-die-volgende-200-jaar
Johan is bygestaan deur Charlotte Fourie en André Badenhorst. Die voornemende onderwyser Danéll Malan het ook saam met ons in die splinternuwe ateljee van Maroela Media gekuier.

Luister na Podvoeding op al die groot platforms!