Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Werner Human
Operasionele hoof van die Solidariteit Beweging
Wonder jy oor die strewe van gelykheid in die onderwys? Het jy al die term “inklusief” gehoor? In hierdie episode gesels die Solidariteit Skoleondersteuning (SOS)-span met Werner Human, Operasionele hoof van die Solidariteit Beweging, oor ʼn paar ernstige sake wat die onderwys raak en hoe ons daaraan aandag kan gee.
In hierdie episode van die Podvoeding-reeks het ons ʼn duur les geleer: Wanneer jy besig is met ʼn opname, moenie die kragkrisis begin bespreek nie, want dan sal die krag afgaan en jou opname onderbreek. Gelukkig was die kragkrisis net ʼn klein deel van hierdie gesprek.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-gelykheid-teenoor-uitnemendheid
Johan is bygestaan deur Charlotte Fourie en André Badenhorst.
Luister na Podvoeding op al die groot platforms!