SOS Kongres
Nasionale Kongres 2027
Ons sien reeds uit na die 15de Nasionale SOS Kongres, wat van 22 tot 24 Junie 2027 by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind.
Begroot solank vir drie dae van leer, nuwe netwerke bou en hope pret.
Die SOS werk daaraan om die toekoms van Afrikaanse onderwys te help verseker, tot voordeel van elke kind wat skoolgaan. Daarom bied die SOS jaarliks verskeie opleidings- en ontwikkelingsgeleenthede aan om onderwysers, skoolbesture en beheerliggame met die nodige kennis en vaardighede toe te rus en aan die voorpunt van vernuwende onderwys te hou.