Korona: GRATIS toegang tot Die Wolkskool

Wolkskool

Volgens die Departement van Basiese Onderwys (DBO) is dit uiters belangrik dat die kontinuïteit van onderrig tydens die Korona-krisis verseker word. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun hierdie standpunt en moedig skole en ouers aan om alle nodige maatreëls te tref om die impak van die virus te beperk.

Die Solidariteit Beweging se Aksieplan tydens die verspreiding van die Korona-virus sluit in om Die Wolkskool tot 30 Junie 2020 GRATIS beskikbaar te stel vir alle leerders en skole.

Die Wolkskool is ʼn aanlyn leerplatform vir Graad 4 tot 12 met lesse in videoformaatassesserings, werkboeke en werkkaarte wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas kan deurwerk. Die Wolkskool is geskoei op nuwe, moderne wêreldgehalte onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu. Die aanbieding word deurlopend verbreed, maar fokus tans op Wiskunde en Wetenskap.

Alle leerders kan GRATIS aansluit en van die lesse gebruik maak om te verseker dat hulle nie agter raak met skoolwerk nie.

Lesse op Die Wolkskool is saamgestel deur ervare SOS-onderwysers (ofte wel Wolkskool-dosente) en is gebaseer op die amptelike KABV-kurrikulum van Suid-Afrika.

Enige leerder het by registrasie volle toegang tot alle inhoud:

  • Geen betaling hoef dus tydens hierdie tydperk gemaak word nie
  • Geen GRATIS koeponkode hoef vir hierdie tydperk gebruik te word nie
  • Daar is ook geen verpligting om aan te gaan met die inskrywing na 30 Junie 2020 nie.

Hoe kry my kind toegang tot Die Wolkskool?

Stappe:

  1. Sluit hier aan: https://wolkskool.co.za/sluit-aan
  2. Verskaf jou naam, van, e-posadres en wagwoord.
  3. Voltooi die ouer se besonderhede
  4. Kies jou graad
  5. Geniet die Gratis toegang tot 30 Junie 2020

Besoek gerus die volgende blad vir algemene vrae en antwoorde met ondersteunende materiaal: https://skole.co.za/wolkskoolvrae/

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...

Gesels met ons