Blog

Korona skep ’n geleentheid soos selde tevore vir skole

deur Hugo Vermeulen: Hoof van Opleiding by die SOS

Uit krisisse kom daar altyd goeie dinge en veralgeleenthede na vore.  Die wêreld enSuid-Afrika is in ’n krisis en dit het die potensiaal om of in ’n ramp vir onsskole of in ’n geleentheid soos min te ontaard.

Wêreldwyd weet gemeenskappe dat die onderwyser sentraalstaan in die opvoedingsproses. Skole is die middelpunt van onderrig en steedsdie beste plek van onderrig vir die massa, maar die kinders is nou by die huisen gaan dalk vir langer as verwag by die huis moet bly.

Wat gaan ons doen as die skole nie 16 April kan open nie en kinders so weke se kontaktyd met hul onderwysers verloor?

Skoolhoofde en onderwysers weet ook dat verlore kontaktydbitter moeilik ingehaal gaan word.  Daaris dus die behoefte aan kreatiewe oplossings.

Is daar maniere om die onderwyser se onmisbare rol in die onderrig van leerders te kombineer met moderne tegnologie?  Die antwoorde hiervoor is reeds ontwikkel en beskikbaar, maar word nog heeltemal onderbenut deur skole in Suid-Afrika.  Die sogenaamde vervlegde leer-onderrigstyl is juis ontwikkel om moderne tegnologie en gesonde klaskamerpraktyke te laat saamwerk (vleg of “blend”) tot voordeel van die onderrigleerproses. 

https://skole.co.za/korona-gratis-toegang-tot-die-wolkskool/

Daar is etlike modelle reeds ontwikkel en met sukses beproef soos die “omgekeerde klaskamer-model”.  Met hierdie metode berei die kind tuis voor en in die klas word daar sinvol voortgewerk op die kennis wat reeds ingesamel is nog voor hy/sy instap by die klas. 

Nou kan die onderwyser baie meer diepte aan sy les bied en fokus op  die ontwikkeling van noodsaaklike vaardighede soos selfgerigte leer, vasbyt, uitgestelde bevrediging, nuuskierigheid, selfwerksaamheid, dankbaarheid en selfs samewerking.  Hierdie is almal vaardighede wat noodsaaklik vir oorlewing gaan word.

Leerders kan dus tuis wees, maar reeds voorberei virinhoude.  Waar kry ‘n mens dieinhoude?  Is daar Video-lesse vantoponderwysers of selfs regstreekse uitsendings via die internet beskikbaar?Talle platforms is reeds ontwikkel soos Wolkskool vir Afrikaansprekendeleerders wat juis fokus op videolesse, inhoude en selfs assesserings (toetse)waar elke kind op sy eie tyd en teiken kan vorder.   Hierdie leerders gaan dus reeds skoolgereeddie nuwe skoolkwartaal binne (wanneer dit ook al begin).

Ons onderwysleiers moet dus nou die Korona-krisis/geleentheidbenut om die onderrig-leermodel te vernuwe na iets wat modern en standhoudendis.  Die geleentheid is in ons eie hande.

Teken in op ons nuusbrief