Skole dra sélf die las van kragvoorsiening
Die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika het ‘n enorme impak op onderriginstellings, veral skole. Die huidige omstandighede dwing skole om sélf vir hul kragopwekkers, sonpanele, brandstof en batterye te betaal om die ligte aan te hou, veral met eksamens wat nou afgelê word. Dit plaas ‘n addisionele finansiële las op skoolgemeenskappe, maar is vir baie die enigste uitkoms.