Blog

10 wenke vir jou Rekeningkunde-vraestel

Akademia Rekeningkunde-dosente

  • Lees drie keer, dink twee keer en skryf een keer.
  • Lees eers wat gevra word, voordat jy deur die inligting gaan. As jy dan deur die inligting lees, sal jy dit in konteks van die gevraagde gedeelte kan doen.
  • Bestuur jou tyd goed. Kyk hoeveel tel die vraag en hoeveel tyd aangedui word om die vraag te doen en probeer daarby hou.
  • Begin met die onderwerp waarmee jy die gemaklikste is.
  • Een wat baie leer en min slaap is net so goed soos een wat min leer en baie slaap. Maak seker jy leer vroegtydig sodat jy die aand voor jou eksamen genoeg slaap kry en jou brein vars is wanneer jy skryf.
  • Werk soveel as moontlik vraestelle uit terwyl jy voorberei vir die eksamen, maar moenie na die memorandum kyk nie. Doen die vraag teen tyd en op jou eie en merk daarna jou vraag. Sodoende leer jy om teen tyd te skryf en voorkom jy dieselfde foute in die eksamen. 
  • Tydens jou voorbereiding kan jy dieselfde vraag ʼn paar keer doen. Dit help om verskillende moontlike foute te identifiseer en help jou ook om spesifieke formate in te oefen.
  • Ken jou formate!
    Skryf die formaat van jou state ʼn paar keer uit. Dit is moeilik in eksamenomstandighede met ʼn skoon papier en ʼn sakrekenaar.  As jy gaan twyfel oor die formaat, gaan jy begin twyfel in jouself en in ʼn eksamen kan dit veroorsaak dat jy skielik voel jy het alles vergeet.
  • Asdit voel of jy jou leerwerk vergeet het en “blank” slaan terwyl die senuwees aan jou knaag, sit agteroor, haal ʼn paar keer diep asem sodat voldoende suurstof na jou brein vloei. Durf dan weer die vraag aan.
  • Eet voor jy gaan skryf.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]