- Jy moet die oggend voor die vraestel ‘n goeie ontbyt eet en die eksamenlokaal met selfvertroue betree, want jy en jou onderwysers het goed voorberei vir dié vraestel.
- Drink vooraf genoeg water sodat jy nie in die warm weer dehidreer nie.
- Sorg dat jy teen die aand voor die eksamen ‘n oorhoofse kennis van al die afdelings in die Taalstrukture en -konvensies het, naamlik:Klankleer, Spelling, Skryftekens, Morfologie/Woordvorming, Woordsoorte, Sinsleer/Sinsoorte, Woordeskat (Erfgoed, Leengoed, Eiegoed), Idiome/uitdrukkings/spreekwoorde, Afkortings, Betekenisleer en figuurlike taal (Sinonieme, Antonieme, homofone, ensovoorts) en Kritiese taalgebruik.
- Benader die vraestel met ‘n plan:
- Lees alle tekste baie noukeurig
- Neem kennis van die opdragwoorde by al die vrae, byvoorbeeld – haal aan met aanhalingstekens, evalueer, gee ‘n voorbeeld, skryf ‘n verduidelikende sin, vergelyk die tekste, skryf ‘n frase neer en so meer. Onderstreep die opdragwoorde.
- Gee net die antwoord wat gevra word en presies soos wat dit gevra word.
- Kyk na die puntetelling en maak seker dat stapelvrae in dieselfde volgorde as die vraag beantwoord word.
- Benut die volle twee ure tot jou beskikking om die vraestel te beantwoord – elke punt sal bydra tot goeie uitslae!
- Jou vraestel word saamgestel met:
- ‘n Begripsleesstuk (700-800 woorde) en ‘n visuele teks waaraan jy ongeveer 50 minute moet bestee;
- ‘n Opsomming waar jy sewe kernfeite uit ’n teks van 350 woorde in een paragraaf van 90 woorde moet formuleer. Gebruik ongeveer 30 minute vir dié afdeling.
- ’n Taalafdeling (Taalstrukture en -konvensies) wat in drie vrae van 10 punte elk opgedeel word. Die vrae word gebaseer op een of twee advertensies, ’n strokiesprent en ’n leesstuk (150-200 woorde). Bestee ongeveer 40 minute aan dié afdeling.
’n BESPREKING VAN ALLE AFRIKAANS HUISTAALVRAESTELLE DEUR KUNDIGES IS HIER BESKIKBAAR: