Blog

Inklusiewe onderrig is MOONTLIK!

Eduplex se model van inklusie het oor die jare heen bewys dat inklusiewe onderrig moontlik is indien dit reg toegepas word. Gedurende die afgelope 19 jaar is daar by Eduplex ingebou in die lewens van kinders met spesiale onderrig behoeftes en is die resultate beide verblydend en verbysterend.

“Ek is al van 2002 – toe ek in die voorskool was – by Eduplex. Ek het my eerste kogleêre inplanting in 2005 gekry toe ek in graad een was en dit was regtig God se seën om hier te kon wees. Ek is in my matriekjaar gekies as hoofseun van Eduplex. Dit was nogal moeilik om te aanvaar, want ek het aanvanklik nie geweet presies wat om te doen nie en ek is iemand wat nie van aandag hou nie. Ek het egter geweet as dit God se plan vir my lewe is, moet ek dit aanvaar en aangaan daarmee. Dit was ’n absolute wonderlike ervaring omdat ek met mense kon werk en interaksie kon hê en ook vir hulle te kon vertel dat enigiemand, enigiets kan bereik, as jy net daarop gefokus is. Dit het van my ’n ander mens gemaak en aan my bewys dat ek reg is vir my studies en die grootmenswêreld wat op my wag.” Mitchell Black: Oud-leerling van Eduplex. Mitchell het ʼn ernstige tot totale gehoorverlies in albei sy ore en studeer tans mediese by ʼn plaaslike universiteit.

“Ons het in Mafeking gewoon toe Mitchell gebore is en op 5 maande het ons uitgevind hy is gehoorgestremd. Ons was by ’n Lourieraand by die skool en toe ons huis toe ry toe sê hy, hy wil ook ’n bekertjie hê, toe sê ek vir hom hy moet dan daarvoor werk. Hy het daardie besluit geneem en die volgende jaar het hy die toekenning vir die leerling met die beste vordering ontvang en die jaar daarna die hoof se toekenning. As ek dink aan hoe trots hy ons maak raak ek baie emosioneel, want dis regtig ’n baie groot genade.” Mitchell se pa – James Black

Wil jy deel wees van sulke suksesverhale? Ons deel graag ons kennis en ervarings en vertrou dat elke kind aan ons toevertrou eendag hulle eie suksesverhale aan die wêreld sal vertel, omdat ons ʼn verskil gemaak het. Kom woon die werkswinkel by en maak ʼn verskil in elke kind in jou klaskamer se lewe.

Sien jou by ons inklusie werkswinkel – “Inklusie in MOONTLIK” vanaf 25-27 Mei 2021.

Praktiese werkswinkel vir onderwysers en ouers
25 – 27 Mei 2021
Eduplex Ouditorium
Cowgillstraat 1175, Queenswood, Pretoria

Laai die dokument af vir meer inligting.

“Inclusion is a philosophy that embraces the idea that everyone has something of value to contribute, and that everyone has a right to belong.” — Lisa Friedman