Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Leon Fourie
Uitvoerende Hoof: Solidariteit Skoleondersteuningsentrum
Dit is geen geheim dat Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika in ’n krisis is nie. Die aanslag teen Afrikaanse skole, wat ondanks enorme uitdagings steeds floreer, word jaarliks net groter.
Slegs 1 303 van die ongeveer 25 000 skole in die land is nog Afrikaanse enkelmediumskole – 15% minder as in 2012. Skole en skoolgemeenskappe het die meeste beheer oor kwessies waaroor hulle self kan besluit en moet poog om hul selfstandigheid te versterk.
In hierdie reeks gesels Johan Koekemoer van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met kenners in die onderwys oor hoe die toekoms van Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika moet lyk.
Ja, jy het reg gehoor, daar ís ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys.
In dié podsending gesels Koekemoer met Leon Fourie wat tans aan die stuur van die SOS is oor sy roeping na die onderwys en die beste model vir leer in die plaaslike onderwyssektor. Luister na die volledige gesprek boaan die berig.
Podvoeding, ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en Maroela Media, is ‘n reeks gesprekke oor die toekoms van begronde, Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Daar is baie krisisse in die onderwys, maar daar is ook oplossings. Daar is hoop en die hoop is ‘n omvattende opvoedingsideaal.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-ja-daar-is-n-toekoms-vir-afrikaanse-onderwys
Dink saam met ons, praat saam met ons en doen dan ook saam met ons. Saam sal ons ‘n blink toekoms verseker.
Johan is bygestaan deur Charlotte Fourie en André Badenhorst
Podvoeding is ook beskikbaar op al die groot podsendingplatforms!