Blog

Podvoeding S02E02: Is huiswerk nog sinvol vir leerders?

Gespreksleier: Johan Koekemoer

Gespreksgenoot: Hildegard Brummer

Wolkskool-dosent
Luister ook na ons ander episodes

Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel.

In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n gesoute onderwyseres en projekkoördineerder, Hildegard Brummer, oor die opwindende verandering in die onderwys wat sy al kon implementeer. Die span aanbieders hoor wat die waarde van voorbereiding is en ook hoe die omgekeerde klaskamer, nuwe hoogtes in leerderprestasie kan bereik.

Skink ʼn koppie boeretroos en kom luister saam na die volledige gesprek oor die toekoms van onderwys.

Johan en Charlotte saam met ons gas

Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-is-huiswerk-nog-sinvol-vir-leerders

Luister na Podvoeding op al die groot platforms!