Blog

Die dodelikste donuts in die heelal

Jeugromans met (GRATIS) leesgidse

Die dodelikste donuts in die heelal

deur Cecilia Steyn en Johann Strauss

Wynand se ma is nou wel ‘n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak ‘n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! Wat kan tog fout gaan?

    • Geskik vir Afrikaans Huistaal Graad 3 en 4
    • Asook Afrikaans eerste addisionele taal Graad 4 en 5.
    • 64 bladsye, sagteband

Leesgids beskikbaar op skrywer se webtuiste Werkgids

Lees ‘n uittreksel hier:

Sug . . .

“Stadig nou klas,” sê juffrou Hilda. Sy wys ons moet rustig raak. “Ek weet die gedagte aan smullekker eetgoed maak ons almal opgewonde, maar hou jul entoesiasme vir Vrydag se koekverkoping.”

Ugh, net nie die skool se jaarlikse koekverkoping nie. Dis die dag in die skooljaar wat ek die meeste vrees. Ma is dalk ’n superheldin met supersoniese, superheldintekkies, maar dit beteken niks in ons kombuis nie.

Ma kan nie kosmaak om iemand se lewe te red nie. Die kinders in die klas praat opgewonde onder mekaar. Agter my vertel Stefanie hoe haar ma smelt in die mond fudge gaan maak.Clint stamp my liggies in die sy. “Wat bring jy die jaar?” vra hy.“Ek het geen idee nie,” sug ek. Verlede jaar het Ma kamma modderkoekies gemaak. Die kinders het mekaar uitgedaag om dit te eet! Die koekies was so hard, hulle wou kyk wie dit kan eet sonder om ’n tand te breek. Ek wil daardie dag nooit weer oor hê nie. “Met Natalie uit die skool, staan ek vir seker hierdie jaar ’n kans om die meeste te verkoop. My ma se sjokoladeroomkoek is mos fantasties!” sê Tillie.

Natalie is ’n skurk uit ’n superskurkfamilie. Haar suurlemoen meringue was altyd ’n wenner. Ek en my ma het haar en haarouers vasgetrek. Hulle was al die tyd kunsdiewe wat nou in die tronk sit! En my Ma was al die tyd ’n superhero.Gelukkig bly Natalie nou op ’n eiland, baie ver van hier, saam met haar ouma. Noudat ek Ma se geheim weet, kan ek haar dalk oortuig om na die beste bakkery in die heelalte hardloop en daar iets lekkers te koop. Natuurlik, dis die oplossing!

Uittreksel uit Hoofstuk 1

Besoek gerus www.nb.co.za vir meer inligting.

Om jou kopie te bestel, kontak Vena Strauss deur ‘n e-pos te stuur na [email protected] of kontak telefonies by 082 414 8313.