Blog

Feite en Wenke: Bou die beheersentrum

deur Lizette van Huyssteen

Met trots gedeel vanaf die Afrikaanse Onderwysnetwerk

Kinderbreine is nie afhanklik van sosiale insette om te leer om vaardighede te verfyn wat mense en diere met mekaar in gemeen het nie. (Dink maar aan eet, loop, sien en hoor)

Maar taalvermoë, redenasievermoë en bole selfregulerende vaardighede is ele aan mense en gevolglik baie sensitief vir inselte uit ‘n kind se omgewing. Die kwaliteit van die ontwikkeling van hierdie hoër vaardighede hang dus grootliks af van die kwaliteit van die sosiale interaksies wat kinders met sleutelpersone het.

Sosiale aktiwiteite wat logiese beplanning, konsentrasie, selfbeheersing en/of geheue verg kan gebruik word om die beheersentrum van die brein te bou
Die logiese, hoër deel van ‘n mens se brein is reg onder jou voorkop geleë – In die pre-frontale lob wat langer as die res van die brein neem om bedraad te word.

Vir meer inligting en aktiwiteite wat hierdie beheersentrum help bedraad, laai die onderstaande gids af.

Wie is die AON?

Voordele
  • Toegang tot navorsing, inligting en advies oor onderwysvraagstukke en -oplossings.
  • Ondersteuning en opleiding aan skole ten opsigte van onderwys- en finansieringsmodelle.
  • Toegang tot die AON-markplein met ‘n groot verskeidenheid produkte en dienste vir effektiwiteit en kostebesparings.
  • Opleiding in sagte vaardighede soos emosionele intelligensie, konflikhantering, mediasie, dissipline, strategiese beplanning, leierskap- en bestuursopleiding, die regte van onderwysers en nog meer.
  • Toegang tot aanvullende vakinhoud, e-boeke, die wolkskool, studiegidse, diktate.
  • Ontwikkeling van en voortgesette ondersteuning van onderwyspersoneel en –bestuur.
  • Tegniese hulp ter bevordering en beskerming van skole se belange en regte.
  • Groter effektiwiteit deur vereenvoudigde skoolbestuur, byvoorbeeld gesentraliseerde administrasie, sodat die fokus op die kernbesigheid van akademie kan wees.
  • Ondersteuning vir registrasie van Afrikaanse onafhanklike skole en kleuterskole.
  • Koördinering van uiteenlopende onderwysgerigte dienste, inisiatiewe en modelle.

Lidmaatskap en koste

Dit is GRATIS, maar dit is nie VERNIET nie! Enige indidivu en/of onderwysinstelling wat tot Afrikaans as onderrigtaal en gehalte opvoedende onderwys verbind is, kan lid word.
Aktiewe deelname aan die netwerk se aktiwiteite en ondersteuning van die AON-doelwitte is belangrik. U bydrae tot die netwerk is die terugploeg van kennis en ervaring en die deel van beste praktyke om Afrikaanse onderwys in die geheel te dien. Deur ‘n eenvoudige aansoekvorm te voltooi, kan u vandag nog u skakel in die Afrikaanse onderwysketting verseker!

Die AON-mandaat is om leemtes te identifiseer, strategiese dienste te voorsien en vennootskappe te vestig wat gebruik kan word om die AON se doelwitte te bereik. Die AON se vennote sluit in Fedsas, die SAOU, die Skole-Ondersteuningsentrum (SOS), die ATKV, Afrikaans.com, die Virtuele Instituut vir Afrikaans, die DAK Netwerk, Woorde Open Wêrelde (WOW), Vriende van Afrikaans, Die Afrikaanse Taalraad, die MOS inisiatief en tersiêre instellings soos Akademia en die NWU.

Navrae

Enige navrae kan gerig word aan Elarda Meyer by die kantoor: +27 76 829 7064, of per e-pos: [email protected]