Ons hoor dit dikwels: “Hy lees vlot.” En dan kyk almal gerusgesteld weg. Maar wat beteken dit regtig? Leesvlotheid—die vermoë om woorde hardop, ritmies en sonder haakplekke te lees is belangrik, ja. Maar dit is nie die eindpunt nie.
Leesvlotheid is nie dieselfde as leesbegrip nie. Elke dag sit daar kinders in ons klaskamers wat woorde sonder moeite uitspreek, maar min of niks van die inhoud verstaan nie. Hulle kan pragtig voorlees, maar hulle kan nie prosesseer nie. Die vraag is: het ons opgehou om regtig te luister?
Dis juis in die grondslagfase waar die misverstand begin. Leerders wat goed kan klank, word gesien as lesers. Maar as daar nie begrip is nie, is daar ook nie genoegsame vaslegging vir verdere leer nie. Wanneer daardie gaping nie betyds aangespreek word nie, word dit al hoe moeiliker om later reg te stel. Staan op en help betyds sodat hierdie verwaarlosing vasgevat word! Vroeër eerder as later.
Teen die tyd dat leerders by Graad 4 of 5 kom, begin vakinhoud verdiep. Skielik is daar minder prentjies en meer begrip nodig. En dit is dan wanneer die ongesiene tekort ontplof—leerders wat vlot lees, maar nie verstaan wat hulle lees nie, sukkel om Wiskunde-probleme te ontleed, Lewensoriënteringsteks te interpreteer, of vrae met insig te beantwoord. Ons wil ook ‘n veelsydige leerder kweek, so ingryping raak al hoe moeiliker met talle buitemuurs en sport wat ons kinders se aandag verdeel en hulle besig hou buite die klaskamer. Staan op en baklei vir ‘n oplossing wat gedurende klastyd vir leerders leesstof kan voorsien wat denkvaardighede vereis. En hulle vordering kan meet!
Hoe kan jy as leier strategieë beplan sonder data? Om nie jou leerders se leesvaardigheid te meet nie, is soos om klasgee in die donker. ’n Leerder kan vorder tot Graad 7, of selfs hoërskool, met niemand wat regtig agterkom hoe groot die gaping werklik is nie. Dis nie nalatigheid nie—dis onbewustheid. Maar nou weet jy. En nou is dit tyd om op te staan.
Met Stimulus Maksima! se leesvlaktoetse en gestruktureerde leesprogram, Reading Rocket, help ons jou om dieper te kyk as net leesvlotheid—om begrip, konsentrasie, geheue en leesspoed ook te ontwikkel.
Lees is nie net ’n vaardigheid nie. Dis die sleutel tot leer. En dit begin waar iemand bereid is om op te staan en regtig te kyk.
Laat ons saam opstaan—vir beter metings, beter begrip, en ’n sterker toekoms vir elke leerder in jou skool.