Skip to content
  • Wie is ons?
    • SOS-span
    • Nasionale Kongres
  • Wat doen ons?
    • Die SOS aanbod:
    • Lidskole
    • Netwerkskole
    • Basislynassessering
    • Matriekuitslae
    • Kleuterskole
    • Openbare skole
    • Onafhanklike skole
    • Oprigtingskole
    • Kalender
  • Nuus
    • SOS Kongres 2026
    • Podsending
    • Mediaverklarings
    • Blogs
    • Videos
  • Onderwysers
    • Opleidingsgeleenthede
    • Verenigings
    • Onnieveerder
  • Hulpbronne
    • Gidse
    • Gedenkboek
    • Matriekverslag
    • Aanlyn Winkel
  • Kontak Ons
  • Wie is ons?
    • SOS-span
    • Nasionale Kongres
  • Wat doen ons?
    • Die SOS aanbod:
    • Lidskole
    • Netwerkskole
    • Basislynassessering
    • Matriekuitslae
    • Kleuterskole
    • Openbare skole
    • Onafhanklike skole
    • Oprigtingskole
    • Kalender
  • Nuus
    • SOS Kongres 2026
    • Podsending
    • Mediaverklarings
    • Blogs
    • Videos
  • Onderwysers
    • Opleidingsgeleenthede
    • Verenigings
    • Onnieveerder
  • Hulpbronne
    • Gidse
    • Gedenkboek
    • Matriekverslag
    • Aanlyn Winkel
  • Kontak Ons
  • Wie is ons?
    • SOS-span
    • Nasionale Kongres
  • Wat doen ons?
    • Die SOS aanbod:
    • Lidskole
    • Netwerkskole
    • Basislynassessering
    • Matriekuitslae
    • Kleuterskole
    • Openbare skole
    • Onafhanklike skole
    • Oprigtingskole
    • Kalender
  • Nuus
    • SOS Kongres 2026
    • Podsending
    • Mediaverklarings
    • Blogs
    • Videos
  • Onderwysers
    • Opleidingsgeleenthede
    • Verenigings
    • Onnieveerder
  • Hulpbronne
    • Gidse
    • Gedenkboek
    • Matriekverslag
    • Aanlyn Winkel
  • Kontak Ons
  • Wie is ons?
    • SOS-span
    • Nasionale Kongres
  • Wat doen ons?
    • Die SOS aanbod:
    • Lidskole
    • Netwerkskole
    • Basislynassessering
    • Matriekuitslae
    • Kleuterskole
    • Openbare skole
    • Onafhanklike skole
    • Oprigtingskole
    • Kalender
  • Nuus
    • SOS Kongres 2026
    • Podsending
    • Mediaverklarings
    • Blogs
    • Videos
  • Onderwysers
    • Opleidingsgeleenthede
    • Verenigings
    • Onnieveerder
  • Hulpbronne
    • Gidse
    • Gedenkboek
    • Matriekverslag
    • Aanlyn Winkel
  • Kontak Ons
Wolkskool
Skenk hier
R0,00 0 Cart

Blog

’n Skool se handelsmerk begin by wie ons is (1/4)

Meer as ’n logo: Bou ’n skoolhandelsmerk wat mense vertrou

’n Vierdelige reeks oor waardes, kultuur, gemeenskap, kommunikasie en strategieseskoolbemarking

Deur dr. Leandie Bräsler

Dr. Leandie Bräsler, skolenetwerkbeampte en SkoolSlim-aanbieder.

As skolenetwerkbouer, kommunikasie- en bemarkingspesialis en aanbieder van die podsending SkoolSlim, kry ek gereeld die geleentheid om met skoolhoofde, onderwysers, ouers en beheerliggaamlede oor die uitdagings en geleenthede binne ons skole te gesels.

Een boodskap kom telkens na vore: ’n sterk skool word nie net deur goeie uitslae, mooi geboue of indrukwekkende sportprestasies gebou nie. Dit word gebou deur mense wat dieselfde waardes uitleef, ’n herkenbare kultuur vestig en saam verantwoordelikheid vir die gemeenskap aanvaar.

Kommunikasie en bemarking kan daarom nie bloot as bykomende administratiewe take beskou word nie. Dit is strategiese funksies wat bepaal hoe ’n skool homself verstaan, hoe sy mense hom beleef en hoe die breër gemeenskap hom vertrou.

 

Bemarking is meer as advertensies

Wanneer die woord “bemarking” in ’n skoolomgewing gebruik word, dink mense dikwels eerste aan Facebook-plasings, opedae, advertensies, foto’s, video’s en inskrywingsveldtogte.

Hierdie elemente is belangrik, maar dit is slegs die sigbare deel van bemarking.

Ware skoolbemarking begin lank voordat ’n advertensie geskryf of ’n plasing ontwerp word. Dit begin by ’n paar fundamentele vrae:

  • Wie is ons as skool?
  • Waarvoor staan ons?
  • Wat beloof ons aan leerders en ouers?
  • Wat maak ons skool besonders en uniek?
  • Beleef mense ons belofte wanneer hulle die skool besoek?
  • Stem ons optrede ooreen met ons boodskap?

’n Skool se handelsmerk is dus veel meer as sy wapen, leuse, kleure of slagspreuk. Dit is die geheelindruk wat mense vorm op grond van elke ervaring wat hulle met die skool het.

Dit sluit in hoe ’n telefoonoproep beantwoord word, hoe die hoof tydens ’n krisis optree, hoe ’n onderwyser met ’n ouer praat en hoe leerders hul skool in die openbaar verteenwoordig.

Elke persoon binne die skool kommunikeer die handelsmerk, bewustelik of onbewustelik.

Waardes moet geleef en beleef word

Die meeste skole beskik oor ’n stel waardes. Woorde soos respek, integriteit, uitnemendheid, verantwoordelikheid en omgee verskyn dikwels op die skool se mure, webwerf en briefhoof.

Die belangrike vraag is egter nie of die waardes neergeskryf is nie. Die vraag is of mense dit daagliks uitleef (intern) en beleef (intern en ekstern).

Wanneer ’n skool respek as ’n kernwaarde voorhou, moet dit sigbaar wees in:

  • hoe personeel met leerders praat;
  • hoe ouers se navrae hanteer word;
  • hoe konflik bestuur word;
  • hoe afrigters teenoor beamptes en opponente optree;
  • hoe daar oor ander skole gepraat word; en
  • hoe die skool op kritiek reageer.

Kommunikasie word geloofwaardig wanneer dit ’n eerlike weerspieëling van die skool se gedrag is.

Die bemarker kan nie alleen ’n beeld van waardegedrewe uitnemendheid skep indien die interne ervaring iets anders vertel nie. Bemarking kan ’n sterk skoolkultuur versterk, maar dit kan nie ’n gebroke kultuur verbloem nie.

Die handelsmerk behoort aan almal

Die skoolbemarker speel ’n belangrike rol, maar die handelsmerk behoort nie net aan die bemarkingskantoor nie.

  1. Die hoof bepaal die rigting.
  2. Die beheerliggaam ondersteun die strategie.
  3. Die onderwyser skep die daaglikse ervaring.
  4. Die administratiewe personeel vorm dikwels die eerste indruk.
  5. Die leerder word ’n sigbare ambassadeur.
  6. Die ouer vertel die skool se verhaal in die gemeenskap.

Die bemarker se taak is om hierdie ervarings in ’n samehangende en geloofwaardige verhaal te omskep.

’n Vraag aan elke skool

Wanneer laas het die skoolhoof, beheerliggaam, personeel en bemarker saam om ’n tafel gesit en gevra:

“Wie is ons werklik, en stem dit ooreen met die beeld wat ons na buite uitdra?”

Dit is waar betekenisvolle skoolbemarking begin.

  • Nie by ’n logo nie.
  • Nie by ’n advertensie nie.
  • Nie by die jongste sosialemediaplasing nie.

Dit begin by identiteit, waardes en die daaglikse optrede van mense.

In die volgende blog in hierdie reeks kyk ons na die rol van skoolkultuur en waarom kultuur dikwels ’n skool se sterkste bemarkingsboodskap is.

 

PrevVorigeSOS-vakspesialis vir nasionale onderwysleierskaptoekenning benoem
VolgendeGauteng se Gr. 1- en Gr. 8-toelatings steeds nie oop nie: SOS vra dat skole self aansoeke ontvangNext
Instagram Facebook-f Linkedin
Teken in op ons nuusbrief
Kontak ons
  • (012) 612 0234
  • [email protected]
  • Trentbridge Kantoorpark, Blok A, Eerste Vloer Leoniestraat 183, Doornkloof, 0163
  • © 2026 Solidariteit Skoleondersteuningsentrum
  • Bepalings en Voorwaardes
  • Privaatheidsbeleid