Nasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade 2021 vir hoërskole én laerskole

Stel jy belang in geskiedenis of het jy dit as vak op skool? Dan het die FAK die ideale geleentheid om jou kennis te toets en uit te brei.
Geskiedenis anderkant apartheid

Skoolgeskiedenis wat leerders die geleentheid ontneem om aan verskillende historiese invalshoeke blootgestel te word, om eie standpunte te formuleer en ’n genuanseerde kritiek daaroor te ontwikkel dra niks by tot politieke en kulturele volwasse debatvoering nie.