Wat bied die SOS aan skoolleierskap
Verbeter jou skool se bestuurstrategieë met SOS
Skoolbesture en beheerliggame speel ‘n kritieke rol in die sukses van ‘n skool. Met ons hulpbronne en strategieë verseker ons dat jou skool goed bestuur word en help ons jou om beter besluite te neem vir die skool se toekoms.
Leierskapskongres
Selfstandige fondsbestuur
Navorsing
Neem ingeligte besluite
Skoolbeheerliggame speel ‘n sleutelrol in die sukses van ‘n skool en die gemeenskap wat dit dien. By SOS verstaan ons die uitdagings en verantwoordelikhede wat saam met hierdie rol kom. Daarom bied ons uitgebreide ondersteuning om beheerliggame te bemagtig met die nodige kennis, vaardighede en hulpbronne om hul skool se potensiaal te optimaliseer of ontgin en uitbou.
- Verryk jou span se kennis: Opleidingsprogramme wat fokus op wetlike vereistes, begrotingsbestuur en skoolbeleide.
- Effektiewe kommunikasie: Strategieë om beter te skakel met ouers, leerders en onderwysers.
- Skoolontwikkeling: Riglyne om jou skool se visie en missie te versterk en te bereik.
Sterk skoolleierskap verseker ‘n suksesvolle toekoms vir elke leerder.
Gereedskap vir doeltreffende skoolbestuur
Help jou beheerliggaam om ingeligte besluite te neem met self-assesserings, begrotingsgidse en meer. Ons kurrikulum-gebaseerde inhoud en visuele hulpbronne maak dit makliker om jou skool se groei te bestuur.
- KABV-belynde inhoud
- Opleidingsmodules en assesserings
- Interaktiewe hulpbronne en meer
Blogs
Byna 60 000 plekke in Gauteng-skole oor – waarom plasingsdruk?
October 1, 2026
Robotika kweek die probleemoplossers van môre
September 22, 2026
Gauteng-onderwys ‘kan nie meer sy pligte nakom nie’ – ingryping geëis
September 16, 2026
Het kinders verander – of het die wêreld rondom hulle verander?
September 9, 2026
Jou KI-vraestel lyk fantasties. Dis nie noodwendig goeie nuus nie.
September 7, 2026
Laaste kans: Gautengse Gr. 1- en Gr. 8-aansoeke sluit 4 September
September 4, 2026
SOS-vakspesialis se oorwinning plaas Afrikaanse onderwyskundigheid in nasionale kollig
September 1, 2026
Uitnemende Afrikaanse skole as grondslag vir volhoubare Afrikaanse gemeenskappe
August 19, 2026
Die robot het nie ons Afrikaanse taalbeleid gelees nie
August 18, 2026
Kontak ons
As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.